Wednesday, October 3, 2012
Pretville se 50's voertuie! Mooiste mooi!
Pretville se mense is baie spesiaal, Pierre Diedericks Sr. is so ‘n man. ‘n Groot man met ‘n groot hart en ‘n groot passie vir ou goed en vir sy mense. Hierdie ongelooflike versameling 50’s voertuie behoort almal aan hom. Hulle kom ook saam met sy eie bestuurders, sy seuns, Pierre Jr. en Jacques. Hy stuur ook vir Kobus wat heeldag en aldag die voertuie reggemaak het, en Quinton en Renier wat sorg dat alles blink en sorgvry verloop het.
Dan was daar natuurlik die ander Pretville karre wat behoort aan Oom Jack, Tannie Dot se swart kar, Niki, Johan, Nico, Jan, Cars Forever en Markus. Ons het ons harte verloor op hierdie pragtige versamelstukke!
Die voertuie is ongelooflik, en om hulle in "lewende lywe" te sien, en nie net 'n 'proeseltjie' nie, moet jy die fliek gaan kyk. En glo my maar, die fliek is ongelooflik. Hulle is natuurlik ook in.. PROE PRETVILLE!
Bestel die boek sommer nou! Jy gaan ure se plesier uit hom kry.
www.lapa.co.za OF sommer direk hier op die spoegblad. Stuur net 'n e-pos!
Subscribe to:
Posts (Atom)


